Modulekode | YSL 320 |
Kwalifikasie | Voorgraads |
Fakulteit | Fakulteit Geesteswetenskappe |
Module-inhoud | Hierdie module bou op die rol van sport en rekreasie in die samelewing. Beginsels en teorieë van sosiale verandering asook modelle van sosiale verandering word geanaliseer en toegepas in sport- en rekreasiekontekste. Inhoude van relevante nasionale en internasionale doelstellings, beleide, verklarings, handveste en strukture word ontleed, geëvalueer om die bydrae van sport en rekreasie tot sosiale verandering te verklaar. Tegnieke en strategieë word ondersoek en toegepas in die ontwerp van sport- en rekreasieprogramme en -veldtogte. Die student word begelei na kritiese refleksie en bestuur van diversiteit in plaaslike en geglobaliseerde sport- en rekreasiekontekste. Die student doen akademiese diensleer deur gemeenskapsbetrokkenheid in diverse gemeenskappe. |
Modulekrediete | 30.00 |
Programme | |
Voorvereistes | YSL 320 |
Kontaktyd | 3 lesings per week |
Onderrigtaal | Afrikaans en Engels word in een klas gebruik |
Akademiese organisasie | Sport- en Vryetydstudies |
Aanbiedingstydperk | Semester 2 |
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App